Tronke, aanhoudingselle is oorvol

Die PDM parlementslid, Inna Hengari, sê volgens plaaslike berigte dat korrektiewe dienste se fasiliteite gevaarlik is vir gevangenes. Die fasiliteite is volgens haar oorvol met byvoorbeeld 143 gevangenes wat aangehou word by die Ohangewena polisiestasie wat gebou is vir 30 gevangenes. Plaaslike media berig ook dat die kantoor van die ombudsman jaarliks sy kommer uitspreek oor die stand van sake in gevangenisse regoor die land. Hengari sê swak instandhouding, lang periodes van aanhouding en die herhaalde uitstel van sake vererger die situasie. Daar is ook in talle gevalle geen aparte aanhouding van vroue en mindjariges by polisie-stasies nie.