Trofeë-getalle moes hoër gewees het

Beroepsjagters in Suid-Afrika sê die kwotas vir trofeejag moes hoër gewees het. Die minister van die omgewing, Barbara Creecy, het die kwotas vir luiperds en renosters op tien elk vasgestel terwyl 150 olifante geskiet mag word. Die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse vereniging vir beroepsjagters, Dries van Coller, sê die jagbedryf is ‘n sektor wat ekonomiese voordele bied aan Suid-Afrika se landelike gebiede en hoër kwotas sou die gebiede selfs beter ondersteun het: