‘Troetelduure’ – jy moet begroot en spaar vir onkostes

Namibiërs is oor die algemeen lief vir diere en die meeste huishoudings het ten minste een hond. Die koste van voeding en gesondheidsorg vir troeteldiere kan baie hoog wees, veral in die huidige moeilike ekonomiese omstandighede. Dr. Theuns Laubscher, ‘n veearts van die Windhoek Veeartseny-kliniek sê troeteldier-eienaars moet maandeliks vir hul mediese sorg begroot en spaar.