Trimester-stelsel vir skole keer dalk terug

Die onderwys-ministerie oorweeg die moontlikheid om terug te keer na die driesemesterstelsel vir skole. Die ministerie het twee semesters in 2021 ingestel tydens die Covid-19 pandemie om leerlinge se veiligheid te verseker. Alhoewel die besluit in die beste belang van leerders geneem is, het dit ook klagtes van die publiek ontlok. Die ministerie se uitvoerende direkteur, Sanet Steenkamp, sê hoewel daar ‘n groot moontlikheid is dat ‘n trimester-stelsel weer ingestel sal word, kan faktore soos skoolbegintye oorweeg en verander word om te verhoed dat leerders in die donker skool toe stap. Dit beteken skole regoor die land kan dalk op verskillende tye begin.