Trevor Noah benoem by Globes

Die komediant en voormalige Daily Show-aanbieder Trevor Noah, is vir sy eerste Golden Globe-toekenning ooit benoem. Die Suid-Afrikaner is benoem in een van die nuwe kategorieë Beste Optrede in Skerpskerts-komedie op Televisie vir sy jongste Netflix-program, Where Was I. Barbie en Oppenheimer lei met onderskeidelik nege en agt benoemings. Succession lei die televisiebenoemings met nege. Mense soos Margot Robbie, Ryan Gosling en Emma Stone is onder die akteurs wat benoem is. Die 81ste Golden Globe-toekennings vind op die sewende van volgende maand in Los Angeles plaas.

Foto: Netwerk24