Trevor Manuel sê kaderontplooiing een van ANC swakhede
Die gewese minister van finansies en anti-apartheidsaktivis Trevor Mauel sê die grootste swakhede tans in die staat is kaderontplooiing en finansiële bestuur. Hy het die hoofrede by The Gathering 2024 van die Daily Maverick gister in Kaapstad gelewer. Manuel sê sy geslag is daarvan beskuldig dat hulle van ‘n onvolledige oorgang weggestap. Hy sê daar was egter ‘n behoefte aan ‘n eerlike gesprek oor onafgehandelde sake, insluitend presidensiële prerogatiewe.