Treinramp: Sinjaalfout was oorsaak

Indië se Spoorwegminister Ashwini Vaishnaw sê ‘n sinjaalfout het waarskynlik een van die dodelikste treinongelukke in die land se geskiedenis veroorsaak. Minstens 288 mense is dood en meer as 1 000 beseer in Vrydag se ongeluk in die oostelike deelstaat Odisha. Die minister sê ‘n fout met die elektroniese sinjaalstelsel het ‘n trein op die verkeerde spoor gestuur, maar hy kon nie bevestig of die wanfunksionering as gevolg van ‘n menslike fout voorgekom het nie. Indië se Spoorwegraad sê die stelsel is gebou om foutbestand te wees.