Travis Scott sal nie aangekla word vir dood van 10 na stormloop nie

Die Amerikaanse kletsrymer Travis Scott sal nie krimineel aangekla word na tien mense in ‘n stormloop tydens sy 2021 Texas-konsert dood is nie. Sowat 50 000 mense het in Houston se NRG Park saamgedrom vir Scott se Astroworld-musiekfees toe die skare na die verhoog begin drom het wat die chaos veroorsaak het. Sommige het flou geword en is deur die skare vertrap. Onder diegene wat in die verwoesting van November 2021 dood is, was ‘n nege-jarige. Honderde konsertgangers is beseer. Daar is siviele eise teen hom en die organiseerders wat sal voortgaan.