Trap diewe in regering vas, Mbumba – AR
Die Regstellende Herposisioneringsbeweging, of AR, versoek president Nangolo Mbumba om die einste grondwet wat hy so trots paradeer en verdedig te handhaaf, en om beslissende stappe teen diewe binne sy regering te neem. Die beweging sê in ‘n verklaring dat korrupsie in die staat die publiek drasties negatief raak. Volgens AR het ware ontwikkeling, die enjin wat ons nasie vorentoe moet dryf, ’n verwaarloosde weeskind geword. Verder word hulpbronne wat vir skole, hospitale en infrastruktuur bedoel is, gebruik om die beursies van die korruptes vet te maak. Kosmos 94.1 News het met AR-aktivis George Kambala gepraat wat die sentimente van die party verklaar het.
Kambala sê dat die geld wat gesteel word, kon vir die toekoms van die land se kinders gebruik word.