Trap Biden bietjie klei

Die wêreld se grootste ekonomie het van Januarie tot Maart met net 1,3-persent gegroei. Die Amerikaanse Handelsdepartement sê dit is minder as die 1,6-persent syfer in verlede maand se vooruitskatting. Die hersiening stem ooreen met ontleders se verwagtinge. Albei groeisyfers toon ‘n aansienlike afwaartse neiging, vergeleke met die 3,4-persent toename in die laaste kwartaal van 2023. Terwyl president Joe Biden en amptenare volhou die Amerikaanse ekonomie bly sterk, sukkel hy om kiesers te oortuig van sy prestasie op ekonomiese vlak voor die presidensiële verkiesing in November.