Transnet-hoof Pepi Silinga verdink van wanoptrede

Transnet tree dissiplinêr op teen die uitvoerende hoof van die Nasionale Hawe-owerheid Pepi Silinga na ‘n wanoptrede-ondersoek. Silinga, wat sedert Januarie met verlof is, word saam met ander bestuurders aangekla na ‘n ondersoek deur prokureurs van Bowmans en ondersoekers van Fundudzi, oor ‘n tender vir die veeldoelige terminaal by die Ngqura-hawe in die Oos-Kaap. Phyllis Difeto neem waar as uitvoerende hoof. Onafhanklike voorsitters is aangestel vir die tugstappe. Dit volg op die swak prestasie-beoordelings vir Suid-Afrikaanse hawens, met Ngqura wat wêreldwyd die tweede swakste is.