Transnet het planne met hawe-chaos

Die buurland se kabinet is vol vertroue oor die strategiese planne wat Transnet ingestel het om agterstande by die land se hawens op te klaar. Tans is daar 100 000 houers wat buite sleutelhawens gestrand is, insluitend dié van Durban en Richardsbaai. Logistieke ondernemings spreek kommer uit oor moontlike boetes en prysstygings as gevolg van hierdie agterstande. Die minister in die presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê daar is ook waarskuwings oor afleweringsvertragings, voorraadtekorte en potensiële prysstygings wat Suid-Afrikaners gedurende die Kerstyd sal raak.