Transnet-chaos hou voordeel vir Namibië in

Transnet se sukkelbestaan kan tot Namibië se wins wees. Beleggers in Suid-Afrika is gefrustreerd oor mislukkings by Transnet weens die voortgesette logistieke krisis. Dit hou ‘n reuse-voordeel vir Namibië in omdat hulle nou beywer vir die ontwikkeling van die Trans-Kalahari-spoorlyn tussen Botswana en Namibië om Suid-Afrikaanse hawens uit te skakel. Konstruksie op die lyn sal in 2025 begin met verskeie bieërs wat reeds die wedloop betree het. Jan Havenga, van die Universiteit Stellenbosch, sê die spoorlyn sal ‘n verskil maak.