Transnet begin stralerbrandstof na OR Tambo-lughawe verhoog
Transnet sê hy het begin om die voorrade van stralerbrandstof aan die OR Tambo Internasionale Lughawe te verhoog om die tekort wat tans by die lughawe ervaar word, aan te spreek. Die kwynende voorrade van die brandstof het verskeie internasionale vlugte geraak, met lugrederye wat vlugte na ander lughawens moes herlei om hul brandstofvoorrade aan te vul. Die onlangse hewige vloed in KwaZulu-Natal het miljoene rand se skade aan spoorweg- en ander Transnet-infrastruktuur veroorsaak, wat daartoe gelei het dat stralerbrandstof-voorrade nie betyds in Gauteng afgelewer kan word nie. Fritz Platt, Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, vertel meer …