TransNamib sukkel steeds om hoof aan te stel

Spooroperateur TransNamib soek al die afgelope jaar na ‘n plaasvervanger vir sy vorige uitvoerende hoof, Johny Smith. Smith het in die middel van verlede jaar vertrek nadat hy ‘n winsgewende nuwe vyf-jaar kontrak van die hand gewys het. Die hoof van menslike hulpbronne Webster Gonzo is sedertdien die waarnemende uitvoerende hoof. In 2021 het gesprekke oor die moontlike likwidasie van die maatskappy die rondte gedoen en die maatskappy het ‘n reddingsboei van 300 miljoen Namibiese dollar vanjaar ontvang. Kosmos 94.1 Nuus het met Abigail Raubenheimer, TransNamib se woordvoerder, gesels wat sê die proses om ‘n uitvoerende hoof te kry is nie maklik nie.