TransNamib se verkryging deur die IPPR ondersoek
Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het sy Procurement Tracker Namibia van stapel gestuur en fokus op die ontleding van TransNamib se verkrygingspraktyke. ‘n Ondersoekverslag skets ‘n kommerwekkende prentjie van bestuurspraktyke by die semi-staatsinstelling. Kommer oor die bestuur van TransNamib is vererger ná die verspreiding van ‘n uitgelekte verslag deur die oudit- en konsultasie-firma Ernst and Young. Die verslag beklemtoon verder die regering se onvermoë om hierdie waardevolle en strategiese nasionale bate ten volle te gebruik. Frederico Links, ‘n navorser by die instituut het tydens die bekendstelling gepraat.