TransNamib se soektog na hoof duur voort

Die aanstelling van ‘n hoof uitvoerende beampte vir TransNamib duur volgens berigte voort. Johny Smith, wat vir vyf jaar aan die stuur van sake was, het op 1 April vanjaar by Grindrod Rail aangesluit na hy ‘n aanbod van meer as 2,5 miljoen Namibiese dollar per jaar by TransNamib van die hand gewys het. Die waarnemende hoof, Webster Gonzo, wat die bestuurder van menslike kapitaal is, neem steeds waar. Die woordvoerder, Abigail Raubenheimer, sê die proses duur voort en die publiek sal ingelig word namate daar iets is om bekend te maak.