TransNamib se lening vir omkeerplan word gefinaliseer

Die Namibiese regering is besig, om saam met TransNamib, die 2,6 miljard Namibiese dollar se lening by die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika en die van Namibië te finaliseer. Die fondse vorm deel van die maatskappy se vyf-jaar strategiese omkeerplan om kapasiteit te versterk – beide in sy lokomotiewe en spoornetwerk. TransNamib vorm deel van Namibië se pogings om ‘n transito-spilpunt te word saam met Namport en die verskeie korridors. Daar word tans gewerk aan die voltooiing van die  opgradering van die kritiese Kranzberg-Tsumeb-Grootfontein-lyn.