TransNamib kry geld, fokus op lokomotiewe

TransNamib het befondsing van 2,6 miljard Namibiese dollar van die Ontwikkelingsbank van Namibië en die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika verkry, wat die maatskappy in staat stel om lokomotiefkapasiteit-uitdagings die hoof te bied. Uitvoerende hoof Desmond Van Jaarsveld het beklemtoon dat die fondse streng aangewend sal word om kapasiteit te verbeter en toerusting te moderniseer. Dit sluit in die verkryging van nuwe lokomotiewe en die opgradering van seinstelsels. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Abigail Raubenheimer, TransNamib se korporatiewe kommunikasie bestuurder, wat uitbrei.