TransNamib-hoof sluit aan by Grindrod Rail  

Grindrod Rail in Suid-Afrika het aangekondig dat hy die voormalige uitvoerende hoof van TransNamib, Johny Smith vanaf 1 April as sy uitvoerende hoof aangestel het. Die Engelse staatsdagblad New Era berig dat hy in besit is van dokumente wat toon dat TransNamib ‘n salaris van 2,4 miljoen Namibiese dollar aan Smith aangebied het om nog vyf jaar by die beleërde vervoermaatskappy aan te bly, maar dat Smith dit van die hand gewys het. Hy sal dus TransNamib aan die einde van die maand verlaat om by Grindrod aan te sluit. Grindrod sê weens Smith se uitgebreide ervaring in die Walvisbaai Korridor-groep sal hy verantwoordelik wees vir groei-geleenthede vir hul skepe-agentskap en terminale-besigheid.