TransNamib hervervaardig 22 lokomotiewe

TransNamib sê hy het 22 treine geoormerk vir hervervaardiging om die lopende vloot ‘n hupstoot te gee. Tussen stukkende en ou lokomotiewe en ontsporings sukkel die maatskappy om broodnodige inkomste te genereer. Die woordvoerder, Abigail Raubenheimer het aan plaaslike media bevestig dat behalwe vir die 22 wat hervervaardig word, is 25 lokomotiewe operasioneel met 13 wat herstel word. Sy voeg by dat meer as ‘n miljoen Namibiese dollar bestee word op die herstel van lokomotiewe na ongelukke. TransNamib verloor tans 10 miljoen dollar maandeliks weens vertragings met die verkryging van befondsing vir sy besigheidsplan wat in 2018 geskep is