TransNamib gee sy teiken vir volgende vyf jaar

TransNamib sê vrag moet eerder per spoor vervoer word, aangesien vragmotors paaie beskadig. Daar is uitdagings vir die instandhouding van paaie en daar is reeds deur die Padfonds-administrasie voorleggings gemaak vir tolhekke. In die buurland het AcionSA in KwaZulu-Natal het ook ‘n beroep gedoen dat swaar vragmotors van paaie verwyder word weens talle padongelukke. ActionSA  sê die provinsiale regering moet alle swaar vragmotors van die paaie verwyder voordat nog mense sterf, en begin om die spoorwegstelsel te herstel. Kosmos 94.1 Nuus het met Abigail Raubenheimer, korporatiewe kommunikasiebestuurder van TransNamib gepraat oor wat die huidige persentasie vragmark is en wat TransNamib se teiken is.