TransNamib baklei voort teen Anicet Baum
TransNamib se dringende aansoek teen Anicet Baum, die likwidateur van Challenge Air wat in 2017 aansoek gedoen het vir die likwidasie van Air Namibia, kom weer vanmiddag voor regter Herman Oosthuizen voor. In sy stukke sê TransNamib hy vra dat die kostebevel wat in daardie aansoek deur regter Thomas Masuku teen TransNamib uitgereik is, ter syde gestel moet word. Hy sê Anicet Baum het net kostes geëis van respondente wat verdedig het, en TransNamib het nie verdedig nie. Die maatskappy vra ook vir ‘n beslagleggingsbevel wat in die 2017-saak uitgereik is, om ter syde gestel te word. Hy vra ook vir die herlewing van ‘n 2004-uitspraak in sy guns van net minder as 2,5 miljoen Namibiese dollar. Indien die hof nie die beslagleggingsbevel ter syde wil stel nie, vra hy dat hy 50 persent plus rente van 15,5 persent van die 2004-uitspraak teen hom mag verreken. Die aansoek word verdedig en sal vanmiddag voorkom vir saakbestuur.