Transmissie ‘net so belangrik as krag-opwek’

Die buurland se minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, sê die suksesvolle integrasie van nuwe opwekkingsvermoë, veral van hernubare energiebronne, is deurslaggewend vir doeltreffende transmissie. Hy het op ‘n nuuskonferensie gepraat oor die instel van die Energie-aksieplan. Ramokgopa het onthul privaat sektor befondsing is beskikbaar vir transmissieprojekte, ná samesprekings met sendinghoofde wat buitelandse belange in die land verteenwoordig.