Transito-rooftog in hoofstad, verdagtes is soek

Daar was vanoggend net na nege-uur ‘n transito-rooftog net agter die Wernhil-inkopiesentrum in die hoofstad. Daar is nog geen inligting bekend nie maar, Kosmos 94.1 Nuus kan bevestig dit was bankfondse maar dit is onduidelik hoeveel kontant gebuit is. Dit is ook onbekend hoeveel rowers daar was maar, hulle is soek en volgens assistent-superintendent Enza Haushiku van die Windhoek Stadspolisie ondersoek Nampol die saak.