Transgender vrou moet haar vonnis in Deense mansgevangenis uitdien
’n Transgendervrou in Denemarke moet haar vonnis in ’n mansgevangenis uitdien. Sy het haar geslag in 2015 wetlik na vroulik verander, maar die 62-jarige het nie ‘n geslags-bevestigende operasie ondergaan terwyl sy ‘n vonnis vir onder meer verswarende verkragting uitgedien het nie. Die Oostelike hoërhof het beslis sy sal ‘n veiligheidsrisiko vir vroulike gevangenes inhou. Die uitspraak het opnuut gesprekke oor transgender-regte en gevangenis-behandeling ontketen.