Trans-Kalaharispoor kry momentum
TransNamib het ‘n ooreenkoms met Sea Rail Botswana onderteken vir sy deel naby Gobabis, wat die multimiljard-dollar Trans-Kalahari spoorwegprojek sal uitrol. Die lyn is daarop gemik om Botswana se steenkoolbronne met Namibië se hawe te verbind. ‘n Omgewings-impakstudie sal nou uitgevoer word en wanneer die lyn opgeknap is, sal die vervoer van steenkool van die buurland tot by Namport begin. Daar is vroeër ‘n ooreenkoms onderteken vir ‘n droë-hawe fasiliteit by Gobabis. Dit sal invoere vir Botswana deur Namport en ook sy uitvoere deur Namport vergemaklik. Intussen het Namibië se vervoerminister, John Mutorwa, en sy eweknie in Botswana, Eric Molale, ook vergader. Die twee het ‘n beroep vir die spoedige implementering van die projek gedoen.