Trans-Kalahari-spoor van kritieke belang, ministers ontmoet

Die ontwikkeling van die Trans-Kalaharispoorlyn is uiters belangrik vir beide Namibië en Botswana. Kosmos 94.1 Nuus het onlangs berig oor die beplande vervoer van steenkool vanuit Botswana na Gobabis waar dit dan oorgedra word na die spoorlyn vir uitvoer deur Namport. Die Namibiese minister van werke en vervoer John Mutorwa vergader vandag met eweknie van Botswana, Thulagano Segokgo in die verband. Die ministerie se woordvoerder Julius Ngweda het meer oor wat onder die loep sal kom.