Trans-Atlantiese vlug in ballon uitgestel

‘n Groep vlieggeesdriftiges wat gehoop het om die eerste vlug oor die Atlantiese Oseaan in ‘n oop waterstof-gevulde lugballon te onderneem, sê hulle is uiters teleurgesteld na hulle poging laat vaar moes word. Die BBC berig die 67-jarige Britse ontdekker, David Hempleman-Adams, en twee vriende het die naweek van die Presque-eiland in Maine in Noord-Amerika opgestyg. Maar na sowat sewe uur in die lug is hulle gedwing om naby New Brunswick, Kanada, weens swak weer te land. Die avonturiers is vasbeslote om later weer te probeer.