Tracy Chapman tree op by die Grammys

Die sanger en liedjieskrywer, Tracy Chapman, is terug in die kollig wanneer sy Sondag by die Grammy-toekennings haar lied Fast Car saam met die country-sanger, Luke Combs, sing. Sy het sedert haar laaste toer in 2009 nog net drie keer voor die kameras opgetree. Combs se weergawe van die lied was verlede jaar die vyfde beste in Amerika en het selfs Taylor Swift se Anti-Hero die loef afgesteek. Die Suid-Afrikaanse komediant Trevor Noah sal die Grammys in Los Angeles aanbied.