Toyota, Volkswagen en Kia is top-voertuigverkopers

Namibiese voertuigverkope het in Februarie gestyg met 559 passasiersvoertuie wat 51 persent van die totale voertuigverkope van 1 103 eenhede in Februarie uitgemaak het. Dit is gevolg deur 486 ligte handelsvoertuie wat verantwoordelik is vir 44 persent van eenhede verkoop. Toyota, Volkswagen and Kia het die meeste voertuie in Februarie verkoop. Willie Verdoes van Indongo Toyota gee die redes aan Kosmos 94.1 Nuus waarom voertuigverkope gestyg het.