Tour de France volgende jaar net in Frankryk

2025 se Tour de France gaan eksklusief in Frankryk plaasvind vir die eerste keer sedert 2020 se wedren tydens Covid-19. Die moordende ren het in 2022 in Kopenhagen begin, die jaar daarna in Bilbao en vanjaar in Florence, maar volgende jaar is die wegspring in die Franse stad Lille. Dit kon weens die Olimpiese Spele vanjaar glad nie deur die hoofstad, Parys, beweeg nie. Volgende jaar se wedren sluit agt skofte in die noorde en weste in, en eindig met agt rondes langs die Champs-Elysees.