Tottenham-speler in warm water oor lag-gas-video

Sokker: Tottenham Hotspur se middelveldspeler, Yves Bissouma, het verskoning gevra en erken sy oordeel het hom in die steek gelaat nadat hy verfilm is waar hy stikstofoksied inasem. Bissouma het ‘n video op sosiale media gelaai waarin hy die Klas C-dwelm, bekend as lag-gas, uit ‘n ballon inasem. Die klub gaan die internasionale speler van Mali intern ondersoek en hy kan ‘n straf opgelê word vir sy optrede. Die besit van stikstofoksied vir ontspannings-doeleindes is sedert verlede jaar ‘n strafregtelike oortreding in Brittanje en kan tot tronkstraf lei.