Totsiens P’nut!

P'nut het meer as 540 000 Instagram-volgelinge en aanhangers regoor die wêreld gehad. P’nut het almal vermaak deur om aan wafels te peusel en klein kostuums aan te trek. 
Die eienaar van P'nut the Squirrel het 'n tranerige verklaring op TikTok gegee oor die klein skepsel se dood aan die hand van amptenare van die staat New York.

Mark Longo, en sy vrou, huil oor die moord van sy geliefde beste vriend. P’nut was sewe jaar deel van hul lewe. Hy was bekend veral op tiktok en sy bekendheid het geld gewerf vir weesdiere.

"Ek is kwaad, ek is hartseer, ek is gewalg," het Longo gesê terwyl sy emosies die oorhand geneem het.

Die staat New York en die departement van omgewingsbewaring het 'n groot terugslag in die gesig gestaar vir hul optrede. P’nut is uitgesit. 
Baie sosiale media-plasings het honderde opmerkings van ontstoke ondersteuners van P'nut the Squirrel gekry. Selfs Elon Musk het kommentaar gelewer oor P’nut se dood.

Longo het ook sy aanhangers en die algemene publiek bedank vir hulle “ongelooflike ondersteuning”. 'n GoFundMe wat deur Longo ter ere van P'nut opgestel is, het meer as US$73 000 ingesamel.

Die egpaar sê ook dat hulle oorval word met liefdevolle boodskappe van ondersteuners.