TotalEnergies vergroot aandeel in Venus-gebied

TotalEnergies het ‘n groter aandeel in twee eksplorasie blokke in die Oranje-bekken bekom. Die maatskappy het ‘n bykomende 10,5 persent in blok 2913B en 9,4 persent in blok 2912 bekom. Die ooreenkoms moet nog deur verskeie reguleerders, insluitend plaaslik, goedgekeur word. Die Franse olie-reus het ‘n beduidende olievonds gemaak in sy Venus-put met miljarde vate olie wat na raming gevind is. Die ander vennote in die blokke is Qatar Energy en Namcor.