TotalEnergies op pad om Tamboti-1X-eksplorasieput te boor

TotalEnergies se uitvoerende hoof, Patrick Pouyanne, het aangekondig dat die Tamboti-1X-eksplorasieput binnekort in die noordooste van Blok 2913B aflandig van Namibië se suidkus geboor sal word. Poyanne sê hulle teiken ‘n olie-hulpbron van ‘n miljard vate en noem dit ‘n “olifant”. Moontlike risiko’s verbonde aan die boorwerk is deur die maatskappy se vroeëre Mangetti-ontdekking uitgeskakel. Die blok huisves die groot Venus-ontdekking. Pouyanne sê die Deepsea Mira-boortuig is op pad na Walvisbaai vanaf Kongo-Brazzaville om voorraad op te laai voordat dit na die boorplek in die Oranjebekken vertrek.