TotalEnergies onttrek omdat gas nie ekonomies vir buurland ontwikkel kan word nie

Die Franse oliereus, TotalEnergies, het bekendgemaak dit onttrek van twee aflandige gasvelde in Suid-Afrika aangesien dit oënskynlik nie ekonomies lewensvatbaar is nie. ‘n Filiaal van TotalEnergies besit ‘n 45-persent-aandeel in ‘n blok teenaan die land se suidelike kus waar die velde, Brulpadda en Luiperd, ontdek is. Volgens TotalEnergies kon dit nie in ‘n kommersiële ontwikkeling omskep word nie aangesien dit wil voorkom asof dit te veel van ‘n uitdaging sou wees om hierdie gasontdekkings vir die Suid-Afrikaanse mark ekonomies te ontwikkel.