TotalEnergies loods US$6 miljard olieprojek in Angola

Die Franse olie-reus TotalEnergies gaan voort met die ontwikkeling van die Kaminho-olieprojek 100 kilometer aflandig van die kus van Angola. Die 6 miljard Amerikaanse dollar projek behels die ontwikkeling van twee olievelde. Volgens TotalEnergies se uitvoerende hoof Patrick Pouyanne, is dit hulle sewende projek in die buurland maar die eerste ontwikkeling ooit in die Kwanza-bekken. Produksie sal na verwagting in 2028 begin, met ‘n maksimum van 70 000 vate olie per dag. TotalEnergies bedryf Blok 20/11 met ‘n 40 persent belang. Maleisië se Petronas hou 40 persent en Angola se Sonangol, 20 persent.