TotalEnergies kry teenstand in SA hof

Omgewings- en gemeenskapsgroepe, insluitend die Green Connection, Aukotowa Fisheries en Natural Justice het die Hooggeregshof in die Wes-Kaap gevra om TotalEnergies se planne om langs die Suid-Afrikaanse weskus vir olie te boor, te keer. Hulle is van mening die regering het met die goedkeuring van die projekte nie ag geslaan op die risiko vir die marienelewe, kusgemeenskappe en die omgewing nie. ‘n Woordvoerder van Green Connection, Lisa Makaula, is van mening die goedkeuringsproses was onbillik en vra vir meer volhoubare energie-oplossings.