TotalEnergies-brief steeds in die nuus

Die brief wat blykbaar aan die hoof van TotalEnergies geskryf is in verband met kommer oor korrupsie in Namibië is steeds in die nuus. Kosmos 94.1 Nuus het die olie-reus se hoofkantoor genader maar wag steeds op ‘n antwoord oor of die dokument eg is of nie. Intussen het die ministerie van myne en energie, sowel as die kantoor van dr. Saara Kuugongelwa Amadhila reeds verklarings uitgereik waar die aantygings weerlê word. Die ministeriële woordvoerder Ten Hasheela sê daar is ‘n etiese kode waarvolgens die ministerie werk.