TotalEnergies brei aflandige eksplorasie uit
TotalEnergies het saam met sy vennoot QatarEnergy, ‘n ooreenkoms onderteken om deelnemende belange in Blok 3B/4B, aflandig in Suid-Afrika, net Suid van die Venus-ontdekking te bekom. TotalEnergies ‘n 33 persent aandeel in die blok besit met QatarEnergy wat 24 persent sal hê. Die oorblywende belange sal in die hande van die bestaande lisensiehouers, Africa Oil SA wees. Geleë in die produktiewe Oranje-bekken, 200 kilometer van die weskus van Suid-Afrika af, beslaan die blok ‘n oppervlakte van 17 581 vierkante kilometer en is aangresend aan die DWOB wat ook deur Total en Qatar beheer word.