TotalEnergies boor nog olie raak

TotalEnergies het nog ‘n olievonds aflandig van die Namibiese kus gemaak, hoewel dit nog te vroeg is om te weet of dit kommersieël lonend sal wees. Die ultra-diepwater-eksplorasiesonde is ook dieper geboor om ‘n noordelike verlenging van die groot Venus-ontdekking te onderskep. TotalEnergies se Mangetti-1X-sonde word in Blok 2913B deur die boorskip Tungsten Explorer geboor en het ‘n vooruitsig geteiken wat op ‘n vlakker geologiese diepte as Venus geleë is. Die Kanadese genoteerde olie- en gasmaatskappy Africa Oil het ‘n indirekte belang van 6,2 persent in die twee blokke 2913B en 2912, deur sy 31,1 persent-eienaarskap van Impact Oil and Gas Namibia. Namcor het ‘n 10 persent deelnemende belang in Blok 2913B.