Totale mislukking van GRN

Die spoorlyn tussen Lüderitz en Aus, wat op 20 April verlede jaar beskadig is toe ‘n trein ontspoor het, is nog nie genoegsaam herstel om mangaan-ertstreine uit die Noord-Kaap te hanteer nie. TransNamib se woordvoerder, Abigail Raubenheimer, het bevestig dat die opskorting van mangaan-produksie deur myners in die Noord-Kaap geensins die staatsbeheerde spoorwegmaatskappy sal raak nie. Reaksie is ontvang van die Independent Patriots for Change se nasionale voorsitter, Brian Black, wat sê die regering is te blameer vir die spoorlyn wat steeds in onbruik is.