Totale Covid-sterftes in Namibië is 4 035

Die Namibiese gesondheidsministerie het een Covid-tuissterfte van ‘n 76-jarige vrou op Opuwo aangemeld, asook is 229 nuwe Covid-gevalle uit 1 354 toetsuitslae aangemeld, wat ‘n positiewe koers van 16,9 persent verteenwoordig. In die groep is 57 leerders van verskillende skole, 11 onderwysers, sewe gesondheidswerkers en vier studente. Daar is nou 2 899 aktiewe gevalle, waarvan 116 pasiënte in hospitale is en vyf in hoësorgeenhede. Altesaam 23,4 persent van die teikenbevolking van 60 persent is ten volle ingeënt.