Tornado’s verwoes, dood 18

Minstes 18 mense insluitend vier kinders is dood met tornado’s en storms wat Texas, Oklahoma, Arkansas en Kentucky in Amerika getref het. Die stormagtige weer het byna 500 000 mense sonder krag gelaat en huise en voertuie is beskadig. Die goewerneur van Texas, Greg Abbott, sê meer as ‘n derde van alle distrikte in sy staat kan as rampgebiede verklaar word. President Joe Biden sê amptenare van die federale noodbestuursdiens is besig met ‘n opname van die skade en hulle is gereed om hulp te verleen.