Tories sleep vir Boris nader in laaste poging om stemme te werf

Brittanje stem môre in sy algemene verkiesing met alle peilings wat toon dat die Arbeidersparty ‘n reuse oorwinning sal behaal na 14 jaar van Tory-beheer. Die Tories het oudpremier Boris Johnson ingeroep in ‘n laaste poging om stemme te werf.