Top-twee spelers in aksie in Monte Carlo

Tennis: Die kleibaanseisoen is in volle swang met die laaste 16 van die Monte Carlo-meesterstoernooi wat van vandag af speel. Albei die voorste spelers is in aksie. Die nommer-een speler, Novak Djokovic van Serwië, pak Lorenzo Musetti van Italië, terwyl nog ‘n Italianer, die nommer-twee, Jannik Sinner, teen die Duitser Jan-Lennard Struff speel. Djokovic sê Sinner is die speler om te klop.