Top-SA kunstenaars bring hulde aan Theuns Jordaan

Daar is môre ‘n reuse-huldeblyk aan die geliefde Afrikaanse sanger, Theuns Jordaan op Loftus Versveld in Pretoria. Jordaan, wat bekend was vir sy diep stem en sy roerende lirieke is op 17 November 2021 dood aan leukemie. Hy was 50. Top-sangers sal sy liedjies sing en hulle sluit Dozi, Lianie May, Jacques Du Plessis, Steve Hofmeyr, Ricus Nel, Juanita du Plessis, Ray Dylan, Kurt Darren, Bobby Van Jaarsveld, Bok van Blerk en Liezel Pieters. Die sterre onthou Theuns so…