Top Gun: Maverick maak skoonskip in rolprentteaters

Tom Cruise se jongste fliek “Top Gun: Maverick” het oor sy openingnaweek in 4 732 Noord-Amerikaanse teaters meer as 1,9 miljard Namibiese dollar gemaak. Dit is die meeste wat met ‘n debuut in Cruise se loopbaan ingesamel is en die eerste keer dat daar oor ‘n openingsnaweek meer as 1,5 miljard dollar ingerol het. Paramount en Skydance se groot Amerikaanse aksie-avontuur sal waarskynlik teen vandag reeds 2,3 miljard dollar verdien het. Cruise speel in die produksie van 2,6 miljard dollar die rol van die hoofkarakter, Pete “Maverick” Mitchell, saam met Miles Teller, Glen Powell, Val Kilmer en Maverick se geliefde, Jennifer Connelly.