Top-gehalte Bonsmara-veiling

Die Schumacher Bonsmara-veiling is geskeduleer vir 8 Oktober by die Agra Bank Windhoek arena en sal om ses-uur begin. Die veiling sal ook aanlyn beskikbaar wees, met ongeveer 20 bulle en 60 vroulike diere. Marc Schumacher, die eienaar van Schumacher Bonsmara, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en sê dis nou ‘n goeie tyd om te koop.